Ek voel 'n gedig hier binne my
ek wens ek kan dit skryf
en my drang bevry

Ek voel 'n gedig in my siel opkook
dit brand soos 'n lig van pretensie gestroop
dit kielie en kruip teen my bewussyn op
en sluip deur my vingers tot in my pen se loop
dit lek deur swart ink tot op wit papier
en kriewel en stoei van daar vêr tot hier
 
Ek voel 'n gedig van onder af borrel
dit dans en dit dartel soos 'n stof korrel
dit sypel osmoties deur my weerstand wat
vreesaanjaend al my rympies terg en tart
maar hierdie ene gly soos water verby
en beland op die stuk papier hier voor my
 
Ek voel 'n gedig hier binne my
en sodra ek dit geskryf het
is my drang bevry

©Afrikavrou

day 1 | 15 August 2011

summary This piece is about a poem that the poet becomes aware of, and despite the poet's resistance/creative block, this poem "fights" its way through the jungle of the subconscious to the surface and through the fingers of the poet until it is written down on a sheet of paper.